Sentraal se kragonderbreking: onbevoegde mense kry tenders

Die burgemeester van Windhoek dr. Job Amupanda het sy frustrasie teenoor tendertoekennings uitgespreek. Dit volg nadat die krag ongeveer agt-uur gisteraand afgeskop het by die Sentraalhospitaal. Volgens Amupanda het die privaatkontrakteur wat die suurstoftoevoer mos koppel dit verkeerd gedoen het. Hy sê die span elektrisiëns van Stad Windhoek het die regering se span bygestaan en elektrisiteit is uiteindelik teen 11-uur herstel. Hy sê dit verstom hom dat onbevoegde persone tenders toegeken word, veral tydens ‘n pandemie en sê owerhede behoort beter vir die langtermyn te beplan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *