Oestyd: Zambezi het nie te sleg gevaar nieJune 25, 2021
Dit is ‘n oestyd in sommige streke van Namibië. Die meeste dele van die land het vanjaar goeie reën gekry, maar met die sprinkaanplaag is talle oeste vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, gepraat en hy meen die streek het oor die algemeen nie te sleg gevaar nie.