NamWater wag op minister oor tariefverhoging
NamWater se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia kon nie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig of die maatskappy ‘n tariefverhoging die jaar sal ontvang of nie. Nehemia sê daar is ‘n aansoek by die minister Calle Schlettwein maar, daar is nog nie terugvoering ontvang nie.