Kim Jung-un erken amptelik voedseltekortJune 18, 2021
Kim Jung-un, leier van Noord-Korea, het amptelik erken dat ‘n voedseltekort in die land dreig. Hy het aan senior partyleiers gesê die situasie is gespanne en die skuld op die swak graanoes gepak nadat tifone in 2020 vloede veroorsaak het.