Informele nedersettings ontvang krag

NamPower het 1 000 wonings in tien informele nedersettings in die hoofstad geëlektrifiseer. Die projek word deur die maatskappy beskou as sy grootste enkele maatskaplike belegging en is teen ‘n koste van 22 miljoen Namibiese dollar voltooi. Straatligte is ook geïnstalleer saam met voorafbetaalde meters vir die huishoudings. Die projek sal groot verligting vir die gemeenskappe bring omdat dit misdaad sal bekamp en huishoudings met skoolgaande kinders sal bystaan om na donker nog te kan take verrig. Brande, waarvoor informele nedersettings so bekend is, veral in die winter, sal ook verminder. NamPower het tot dusver meer as 50 miljoen dollar aan maatskaplike projekte bestee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *