Britse tenks ‘n volslae ‘flop’

Die Britse weermag het proeflopies met sy nuwe vloot tenks stopgesit weens kommer oor spoed en veiligheid. Die Ajax gepantserde tenk, wat teen ‘n koste van 66 miljard Namibiese dollar ontwikkel is, het ontwerpfoute wat sy snelheid tot ‘n veilige spoed van slegs 32 kilometer per uur beperk, pleks van die 64 kilometer per uur wat dit bedoel was om te bereik. Die tenks kan ook nie hulle kanonne afvuur terwyl hulle oor hindernisse van meer as 20-sentimeter vorentoe of agtertoe beweeg nie. Britse media berig die geraasvlakke binne in die tenks is ook te hoog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *