Eskom stel fase 1-beurtkrag inMay 26, 2021
In die buurland het Eskom om vyf uur vanmiddag fase 1-beurtkrag ingestel wat tot tien-uur vanaand sal voortduur. Dit is as gevolg van ‘n gebrek aan opwekkingsvermoë weens onderbrekings en vertragings om opwekkingseenhede weer in diens te stel. Die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê Eskom sal enige veranderinge kommunikeer.