LPM hou praatjie op Afrikadag
Die Landless People’s Movement sal Afrikadag môre herdenk met hul adjunk-leier, Henny Seibeb, wat ‘n opvoedkundige aanlyn praatjie met die titel “African Liberation Movements and Their Relevance Post-Colonialism: The Elite Entitlement Mentality”, sal aanbied. Die uitsending sal om tienuur die oggend op die LPM se Facebook-blad gesien kan word. Die LPM se waarnemende woordvoerder, Eneas Emvula, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.