Oorstromings in KaapstadMay 20, 2021
Kaapstad se rampbestuursentrum sê oorstromings het in Gugulethu, Macassar Village en Phillipi-Oos voorgekom nadat ‘n swaar storm die Skiereiland geteister het. ‘n Woordvoerder, Charlotte Powell, sê verdere beramings sal gedoen word en SASSA sal versoek word om indien nodig aan inwoners hulp te verleen in die vorm van kos en komberse. Kragonderbrekings het weens die storm in die Joe Slovo-plakkerskamp in Milnerton en Noordhoek voorgekom. Verskeie paaie in die stad is oorstroom as gevolg van verstopte afvoerpype. Die Kaapse koue is volgens die Windhoekse weerkantoor op pad met ‘n weerwaak wat vir die Suide teen koue en nat uitgereik is.
Hi! Do you use Twitter? I’d like to folloow you if
that would be ok. I’m definitely enjoying your blog and
look forward to new updates. http://boyarka-inform.com/