Twitter blok ondersoekende nuusdiens in Suid-AfrikaMay 16, 2021

Die amaBhungane-ondersoekende nuusdiens in Suid-Afrika sê hy is ‘n slagoffer van sensuur nadat Twitter weens ‘n klagte die skakels na sy webwerf geblok het. Dit volg nadat die diens berig gelewer het oor kragskepe se energie-tender. KarpowershipSA het die status van voorkeurbieër verwerf vir die grootste deel van die regering se multimiljard-rand noodenergie-verkrygingsprogram. ‘n Besturende vennoot van amaBhungane, Sam Sole, sê hulle het Twitter gevra om die oorsprong van die besluit na te gaan en bekend te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *