Dis vandag internasionale seunsdagMay 16, 2021

Dis vandag internasionale seunsdag.Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se forum vir mans in samewerking met ScoutSA, speel vandag gasheer vir seuns in Florida, Johannesburg. Hulle sal raad ontvang oor kwessies soos gedragsverandering, emosionele intelligensie en geestelike opheffing. Die departement sal ook toesien dat daar ‘n omvattende en volhoubare program is wat deur bemagtiging en mentorskap aandag kan gee aan die uitdagings wat seuns vandag in die gesig staar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *