Joernaliste, aktiviste van Mianmar onwettig in ThailandMay 11, 2021
Drie joernaliste en 2 aktiviste wat uit Mianmar gevlug het, word in Thailand verhoor omdat hulle die land glo onwettig binnegekom het. As hulle skuldig bevind word, kan hulle na Mianmar gedeporteer word. Hulle sê hulle is onveilig in Mianmar, berig internasionale media.