Variant-bestande Covid-19-enstof ondergaan kliniese toetse
‘n Sogenaamde variant-bestande Covid-19-entstof ondergaan tans kliniese toetse. Die Franse maatskappy Valneva se entstof is glo in staat om ‘n meer algemene weerstands-reaksie teen die koronavirus uit te lok, eerder as om op die spriet-proteïne staat te maak. Daar word gehoop dat entstowwe wat dié tegnologie gebruik, beskerming kan bied wat langer duur, eerder as om elke keer ‘n nuwe entstof teen nuwe variante te formuleer.