Zondo-kommissie soek nog N$90 miljoenMay 7, 2021
Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika benodig nog N$90 miljoen om sy ondersoek na staatskaping teen einde Junie af te handel, is Vrydag in parlement onthul. Finansiesminister Tito Mboweni het in Februarie gesê die kommissie moenie verdere finansiering verwag nie.