24 miljoen dosisse entstof hoop op in Japan
Ongebruikte Covid-entstowwe hoop op in Japan en internasionale nuusagentskappe berig dat miljoene dosisse op die oomblik geberg word. Japanners is traag om ingeënt te word en dat daar ook logistieke uitdagings en ‘n tekort aan mannekrag is. Japan het 28 miljoen dosisse entstof aangekoop maar net 15 persent is tot dusver benut met 24 miljoen dosisse wat tans gestoor word.