Jong meisie help om Ramaphosa se bees se ouderdom te bepaalApril 28, 2021

‘n Jong meisie van Brits in Noordwes se navorsing gaan dalk Vrydag by die eerste nasionale veiling van Ankole-beeste in Mpumalanga ingespan word. ‘n Leerder van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, Je-Miné de la Rey, was net 12 jaar oud toe sy met die navorsing begin het. President Cyril Ramaphosa wat met die ingevoerde beeste boer, het haar veearts-pa Morné gevra om hom te help om sy beeste se ouderdom vas te stel. Je-Miné het geweet sommige spesies se ouderdom kan volgens hulle liggame bepaal word en het bevind dat ringe in Ankole’s se horings presies dit doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *