Job se vakbond nog nie goedgekeur nieApril 14, 2021
Die Namibiese Ministerie van Arbeid het te kenne gegee dat die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek om ‘n vakbond te stig nog nie goedgekeur is nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja het meer besonderhede oor die aansoek, wat die beweging sê aspris vertraag word, bekend gemaak.