2% van entstowwe in Afrika toegedien

Die Wêreldgesondheidsorganisasie Afrika-streek sê die vasteland het ‘n groot agterstand met Covid-19 inentings om in te haal en die gaping word al hoe groter. Minder as 2 persent van die 690 miljoen korona-virus inentings wat tot dusver wêreldwyd toegedien is, was in Afrika. Die vasteland het sedert die begin van die pandemie 4,3 miljoen bevestigde Covid-19 gevalle aangemeld met 114 000 sterftes. Matshidiso Moeti van die WGO sê beperkte voorraad en bottelnekke met voorsiening plaas entstowwe buite die bereik van baie mense in die streek.