SA-voerbedryf het groot uitdagings

Die onlangse uitbreking van voëlgriep in dele van die buurland is uitgewys as een van die redes vir die groot uitdagings wat die Suid-Afrikaanse voerbedryf die afgelope jaar ondervind het. Volgens die Diere-voervervaardigersvereniging is produksie in Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap ernstig geraak. Die vereniging se voorsitter, Wouter de Wet, sê hoë kommoditeitspryse en die Covid-19-pandemie is sommige van die ander uitdagings wat die voerbedryf lam gelê het.