17 migrante van Haïti verdrink op pad VSA toe

Sewentien mense is dood en 25 gered toe ‘n boot met migrante uit Haïti naby die Bahamas omgeslaan het. Onder die slagoffers is ‘n jong kind, 15 vroue en ‘n man. Owerhede sê daar was waarskynlik meer as 60 mense aan boord en talle word dus vermis. Twee mense van die Bahamas is in hegtenis geneem omdat hulle van mensehandel verdink word. Die Bahamas is gereeld ‘n oorgangsroete vir Haïtiane wat Amerika wil bereik.