168 dood in geweld in Darfoer
Botsings tussen Arabiere en nie-Arabiere in Soedan se oorloggeteisterde Darfoerstreek het gister tot die dood van 168 mense gelei. Volgens berigte het die geweld uitgebreek toe gewapende mans uit wraak dorpies van die nie-Arabiese Massalit-minderheid aangeval het ná die dood van twee stamlede. Soedan Dokters se sentrale komitee het teen rampspoedige gesondheidstoestande gewaarsku en sê talle hospitale is in die geweld aangeval. Die Verenigde Nasies het ‘n volledige ondersoek na die moorde aangevra.