166 aansoeke op mosiehofrol

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehofrol vanoggend met 166 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 15 reël 108 aansoeke was. Banke het 82 van die aansoeke verteenwoordig. Nege voertuie is teruggevra met 25 eiendomme met uitstaande skuld van 27 miljoen Namibiese dollar is opgeëis. ‘n Totaal van 48 lenings met ‘n waarde 11,4 miljoen dollar is betaalbaar. Regters Thomas Masuku en Boas Usiku het die twee sessies hanteer. In Maandag se sessie sal regter Shafimana Ueitele 49 onverdedigde egskeidings hanteer.