16 dae van aktivisme ook in SA deel van betogings

RISE Mzansi het ʼn betoging gelei by die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg, Ekurhuleni. Dis deel van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld. Die party se woordvoerder, Mabine Seabe, sê die betoging het gefokus op menseregte, veral die gebrek aan gehalte-gesondheidsorg vir vroue en kinders wat die regering nie lewer nie.