Goewerneur waarsku oor klein efundja in Omusati

Swaar reën in die westelike opvanggebied van die Cuvelai-Etosha-bekken het kitsvloede in die noordelike deel van die Omusati-streek tot gevolg gehad. Leonard Hango, ‘n senior hidroloog, het inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, goewerneur van Omusati-streek, wat sê dat reën goeie nuus en slegte nuus bring. Inwoners in geaffekteerde gebiede word aangeraai om nie goedsmoeds strome oor te steek nie, om enige moontlike sterftes te voorkom.