150 000 werksverliese as gevolg van onluste

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die onlangse geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng was ‘n terugslag vir inklusiwiteit, groei en werkskepping. Die organisasie sê dit word toegeskryf aan die daling in die land se sakevertroue van 96,2 in Junie tot 93,2 tans. Die kamer sê die onrus het die ekonomie 50 miljard Namibiese dollar aan verlore produksie gekos, met 150 000 werksgeleenthede wat in die slag gebly het. Die kamer se bestuurshoof, Alan Mukoki, sê die onrus kan toenemend negatief wees vir beleggersvertroue: