15 senior amptenare in die Oekraïne weg – korrupsie-aantygings

Vyftien senior amptenare is afgedank of het bedank nadat die Oekraïne se president, Volodymyr Zelenskyy, op korrupsie toegeslaan het. Onder die amptenare is vier adjunkministers en vyf streekgoewerneurs. Volgens media is daar berigte van omkopery, amptenare wat kos teen buitensporige pryse koop en een persoon wat daarvan beskuldig word dat hy te weelderig leef. Die Europese Unie dring daarop aan dat Oekraïne korrupsie onder beheer moet bring indien die land by die blok wil aansluit.