15% persent verhoging – ongeag wat – Numsa

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa beskuldig sommige werkgewersverenigings van kleinlike en kinderagtige gedrag. Die vakbond het Vrydag die eerste ronde loongesprekke in die ingenieursektor afgesluit. Tydens die eerste dag se onderhandelings het drie verenigings sonder om redes te verskaf, die vergadering verlaat. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa sê dit sal hulle nie afskrik nie. Die vakbond dring aan op ‘n verhoging van 15 persent op alle vlakke: