1,4 miljoen SA-studente soek befondsing

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het 1,4 miljoen aansoeke vir hierdie akademiese jaar ontvang. Die skema verwag nog sowat ʼn miljoen aansoeke voor die aansoek-siklus op die 31ste van die maand sluit. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê alle aansoekers moet ‘n toestemmingsvorm invul om toepaslike inligting van derde partye te kontroleer. Dit sluit die werkstatus en inkomstevlak van die aansoeker se ouers, voogde of eggenote in: