Mongolië se fees sorg vir Guiness-rekord

Die eerste Mazaalai internasionale sneeu- en ysfees in Mongolië het vir ʼn nuwe Guinness-wêreldrekord gesorg toe die meeste mense ooit gelyktydig teen ʼn ysglyplank afgegly het. Altesaam 408 deelnemers het gehelp om die rekord te behaal deur ʼn uur lank een na die ander teen die fees se ysglyplank van 16,4-meter af te gly. Die fees, wat op die 28ste van die maand eindig, se grootste trekpleister is ʼn groot beeldhouwerk van ys wat die land se beskermde Gobi-beer, Mazaalai, en haar welpies uitbeeld. Die doel is om bewustheid oor dié ernstig bedreigde dier te skep.