14 mense sterf in 73 ongelukke

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het sedert 10 Desember 73 ongelukke aangeteken, waarin 14 mense gesterf het en 138 beseer is. Die fond se senior ongelukke- en beseringsvoorkoming-beampte, Abner Iitumba, doen ‘n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees en nie te drink en bestuur nie. Hy versoek ook dat passasiers nie agterop bakkies vervoer word nie, om die risiko van beserings en dood te beperk.