13 dood toe hulle ou bom opgrawe

Dertien skrootmetaal-verkopers is dood in Nigerië toe hulle per abuis ‘n bom opgegrawe het. Die individue, wat in ‘n kamp vir ontheemdes in Bama, in die noordoostelike Borno-staat van die land, was deel van ‘n groep van 16. Hulle het daarin geslaag om die bom uit te grawe maar, toe hulle dit in ‘n waentjie dorp toe gestoot het, het dit afgegaan. Volgens wat berig word, vorm die bom deel van ‘n aanval wat in 2015 deur die land se weermag teen Moslem-ekstremiste uitgevoer is.