11 Zim-bestaansmyners vasgekeer na ineenstorting

Elf bestaansmyners is in ‘n ondergrondse skag vasgekeer ná ‘n grondineenstorting by Zimbabwe se Redwing-myn, 270 kilometer wes van die hoofstad Harare. Aanvanklike assesserings dui daarop dui dat aardskuddings die moontlike oorsaak van die ongeluk is. Metallon Corporation, wat Redwing besit, het die voorval bevestig. Die maatskappy het ‘n reddingspan ontplooi. Mynboubedrywighede by Redwing is oorgeneem deur bestaansmyners wat onwettig in die myn werk sedert die maatskappy in 2020 onder korporatiewe redding geplaas is.