11% van staatsamptenare het in 2022 omkoopgeld betaal

Dit is vandag Internasionale Teenkorrupsie-dag wat sedert 2003 herdenk word. Namibië het groot uitdagings met korrupsie en volgens Transparency is die land 59ste uit 180 in 2022 geplaas. Tydens sy 2022-peiling is daar bevind at 11 persent van staatsamptenare gedurende die jaar iemand omgekoop het en 78 persent van landsburgers meen korrupsie het toegeneem. Daar is kommer oor die olie- en gasontdekkings in die land veral omdat ontwikkelende lande wat nie sterk staatsinstellings het nie, gebuk gaan onder korrupsie in die bedryf. Burgerlike organisasies het ook herhaaldelik hulle kommer uitgespreek oor die geheimsinnigheid van die ooreenkoms tussen die regering en Hyphen Energy vir die groen-waterstofprojek in die Suide.