100 vermis na Florida-gebou ineenstort

Een persoon is dood en amper 100 mense is steeds vermis na ‘n deel van ‘n luukse 12-verdieping woonstelblok in Surfside, Florida ineengestort het. Die Champlain Towers sou binnekort sy inspeksie ondergaan het, wat elke 40 jaar verpligtend is. Reddingspanne is tans op die toneel en ‘n paar uur gelede is ‘n tienerseun uit die puin gered. Sonar, honde en kameras word op die oomblik gebruik. Owerhede sê die reddingspogings word bemoeilik deur die feit dat die verdiepings bo-op mekaar ingesak het.