10% van Suid-Afrikaners oorleef op R11,67 daagliks

Die bystandskema in Suid-Afrika wat 350 Suid-Afrikaanse rand maandeliks aan families met inkomste laer as 5 000 rand maandeliks het meer as 8 miljoen begunstigdes. Ekonome het hulle kommer daaroor uitgespreek omdat dit 10 persent van die buurland se bevolking verteenwoordig wat minder as 5 000 rand maandeliks verdien of, anders om, op 11 rand en 67 sent daagliks moet oorleef. Kenners meen dringende ingrypings is nodig om meer werk in die buurland te skep en die ekonomie weer op dreef te kry.