10 sent op ‘n doller by SME Bank

Plaaslike media berig dat rekeninghouers van die bankrot SME Bank sal 10 sent vir elke doller ontvang. Die Meester van die Hoërhof Elsie Beukes het dit volgens berigte bevestig maar die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren wou nie kommentaar lewer nie. ‘n Kliënt van die bank het aan plaaslike media gesê hy het befondsing deur die Namibiese Studente Hulpfonds ontvang vir sy studies wat in sy rekening inbetaal is. Hy verwag ‘n uitbetaling van 400 doller, wat sy studie gelde moet dek. Daar is net minder as 23 300 eise teen die bank met ‘n waarde van meer as ‘n miljard Namibiese doller.