1 miljoen mense woon in shacks, sê Shack Dwellers Federation

Die gebrek aan behuising in die land is in die nuus. Die sosiale aktivis Michael Amushelelo het gedreig dat meer as 5 000 inwoners van die hoofstad op 29 Februarie by huise wat leeg staan, gaan intrek. Die landelike ontwikkeling-ministerie het hierop gereageer en sê die huise is gebou onder die staatsbefondsde massa-behuisings-ontwikkelingsprogram by Otjomuise Uitbreiding 10, Windhoek. Die perseel en huise is nog nie aan die regering oorhandig nie, weens ‘n dispuut met die kontrakteur. Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation of Namibia, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die partye moet hul geskille oplos, want meer as ‘n miljoen mense in die land woon in shacks.