1 600 Weermag-rekrute kry opleiding

Die Namibiese Weermag is besig om 1 600 rekrute by die Osona Militêre Opleidingsbasis buite Okahandja op te lei. In 2022 het die weermag 1 400 nuwe kadette ingeneem, ‘n proses wat geprys is as verteenwoordigend van ‘n ware Namibiese weermag, met elke politieke streek wat ‘n minimum van 103 plekke gekry het, na byna sewe jaar sonder enige werwing. Kosmos 94.1 Nuus het met die verdediging-ministerie se woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, gepraat oor hoe die opleiding verloop en hoe die rekrute die druk hanteer.