Zverev skok Alcaraz in Aussie Ope kwarteindstryd

Tennis: Die Duitser Alexander Zverev het onverwags een van die gunstelinge, Carlos Alcaraz van Spanje, in die kwarteindronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Die sesde-gekeurde het die eerste twee stelle maklik gewen en die tweede-gekeurde het die derde stel in die valbylpot beklink. Alcaraz kon egter nie sy spelpeil volhou nie en Zverev het die wedstryd in die vierde stel verseël. Hy speel teen die Rus Daniil Medvedev om ‘n plek in Sondag se eindstryd, terwyl die tienmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, die Italianer Jannik Sinner pak in Vrydag se halfeindstryd.