Zverev oorrompel Rune vir plek in Paryse Meesters-eindstryd
Tennis: Alexander Zverev van Duitsland het beter gedien as Holger Rune in die halfeindstryd van die Paryse Meesters en vir die eerste keer sedert hy in 2020 teen Daniil Medvedev verloor het, sy plek bespreek in vandag se eindstryd. Zverev se oorwinning van 6-3, 7-6 teen die Deen het die 27-jarige laat kwalifiseer vir sy tweede ATP 1000-vlak eindstryd van die seisoen na sy sege in Rome in Mei. Die wêreld se nommer drie kom in die eindstryd te staan teen die Fransman Ugo Humbert, wat in die ander halfeindstryd Karen Khachanov van Rusland met 6-7, 6-4, 6-3 geklop het.