Zverev klop Tsitsipas in Parys, Rune loer na ATP-finaal
Tennis: Alexander Zverev het gister sy teenstander Stefanos Tsitsipas geklop in die kwarteindstryd van die Meesters in Parys, terwyl Holger Rune klaargespeel het met Alex de Minaur om sy kans te behou om vir die ATP Toerfinaal van 10 tot 17 November in Turyn te kwalifiseer. Zverev se 7-5, 6-4 sege oor Tsitsipas hou hom op koers om sy eerste titel in Parys in te palm. Zverev is die hoogste gekeurde speler in Parys wat nog nie uitgeskakel is nie, enkom vandag in die halfeind te staan teen Rune wat in 2022 die toernooi gewen het.