Zverev klop Djokovic

Tennis: Alexander Zverev het vir Novak Djokovic in ‘n opwindende halfeindronde met 7-6, 4-6, en 6-3 geklop. Hy het daarmee ‘n einde gebring aan die wêreld nommer-een se droom om die rekord van ses ATP-eindtoernooi-oorwinnings te ewenaar. Zverev kom vandag in Turyn, Italië in die einstryd teen die Rus Daniil Medvedev te staan. Medvedev is die heersende kampioen en het die Noorweër Casper Ruud in die ander halfeindronde verslaan. Zverev het die 34-jarige Djokovic ook in die halfeindronde van die Olimpiese Spele in Tokio uitgeskakel.