Zuma word onregverdig vervolg

Die MK-party sê die reeks aksies teen sy leier, Jacob Zuma, toon politieke vooroordeel en manipulering deur staats- en privaatinstellings, insluitend die media. Dit volg nadat die SABC en eNCA besluit het om nie ʼn onderhoud met Zuma uit te saai nie. Die openbare uitsaaier sê die onderhoud herhaal bloot wat Zuma by ʼn saamtrek gesê het. eNCA sê hy het ʼn redaksionele besluit geneem dat dit te na aan die verkiesing is om die onderhoud uit te saai. MK sê Zuma word voortdurend en stelselmatig vervolg.