Zuma word net nie van Downer ontslae
Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het oudpresident Jacob Zuma se tweede aansoek om die aanklaer, Billy Downer uit die wapentransaksie-korrupsiesaak te verwyder, van die hand gewys. Regter Nkosinathi Chili het in sy uitspraak gesê Zuma het versuim om aan te toon hoé Downer se voortgesette rol as ‘n aanklaer sy reg op ‘n regverdige verhoor sou skend. Zuma se regsadviseur, Dali Mpofu, sê hulle wil teen die uitspraak appelleer.