Zuma wil openbare tugverhoor hê

Oudpresident Jacob Zuma se ANC-tugverhoor is tot volgende week Dinsdag uitgestel. Hy het nie aangesluit by die virtuele verhoor waar hy deur die omstrede ANC-lid Tony Yengeni verdedig sou word nie. Zuma staar tugstappe in die gesig nadat hy van wangedrag aangekla is omdat hy in die openbaar gesê het hy beoog om vir die MK-party in die algemene verkiesing te stem. Dié party sê die oudpresident wil hê die verhoor moet net fisies wees en dit moet ook vir die publiek oopgestel word.