Zuma-uitspraak in hooggeregshof kan sy tronkstraf beïnvloed
Die uitspraak môre in die hooggeregshof in Pietermaritzburg rakende Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming tersyde te stel, kan ‘n uitwerking op sy gevangenisstraf hê. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê niemand weet wat môre se uitspraak sal wees nie, maar die departement is gereed daarvoor. Zuma sal ook in aanmerking kom vir parool sodra hy ‘n kwart van sy vonnis uitgedien het.