Zuma Stigting-verheug regter Koen onttrek

Die Jacob Zuma-stigting is verheug oor die nuus dat regter Piet Koen onttrek het van die wapentransaksie-korrupsieverhoor in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Regter Nkosinathi Chili het oorgeneem by Koen nadat Koen vanoggend onttrek het. Koen het gesê geregtigheid, die vereistes van die grondwet en sy gewete het bepaal dat hy homself moet onttrek. ‘n Woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, sê Koen se besluit was ‘n nugter stap.