Zuma-stigting sê hy het nie uit regmatige aanhouding ontsnap

Die Jacob Zuma-stigting sê die oudpresident het nie uit regmatige aanhouding ontsnap nie. Zuma het sy besoek aan Moskou verleng waar hy mediese behandeling ontvang, maar die besonderhede van sy siekte is onbekend. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma is nooit onregmatig vrygelaat nie, hy is op mediese parool geplaas. Hy voeg by ‘n persoon wat op parool is, is nie ‘n vrye of vrygelate persoon nie. Manyi sê Zuma het die volle 15 maande  tronkstraf uitgedien ingevolge die regulasies van korrektiewe dienste, soos deur die Konstitusionele Hof beveel.