Zuma se wapendrogsaak hervat vandag

Die bedrog- en korrupsiesaak teen Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales hervat na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg. Regter Piet Koen het in Januarie aan die wapensaak onttrek en regter Nkosinathi Chili is in sy plek aangestel. Die oudpresident staar aanklagte van geldwassery, bedrog, korrupsie en afpersing in die gesig. Sedert Zuma se eerste hofverskyning in 2018 is die saak telkemale uitgestel, onder andere weens Zuma se aandrang dat die hoof-aanklaer, Billy Downer, verwyder word.