Zuma se skorsing van ANC stem ooreen met partyreëls

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die Nasionale Uitvoerende Komitee het tot die gevolgtrekking gekom dat buitengewone omstandighede bestaan wat die opheffing van oudpresident Jacob Zuma se lidmaatskap regverdig. Dit is in ooreenstemming met Reël 25.60 van die party se Grondwet. Zuma het die pasgestigte uMkhonto weSizwe in die openbaar onderskryf en ondersteun. Mbalula sê Zuma se optrede sedert die aankondiging van die MK-party het die ANC se integriteit benadeel: